Michael Bublé se seun in hospitaal ná voorval met kokende water

Noah is Woensdag ná die voorval in die Duitse Hospitaal in Buenos Aires opgeneem.

Luidens Argentynse berigte het Noah brandwonde op 6 persent van sy liggaam opgedoen. Terselfdertyd bestempel die Showbiz-webtuise Primicias Ya dit as ernstige brandwonde, maar sê dat Noah buite gevaar is.

Michael werk glo in hierdie stadium in Amerika en Luisane hou hom sowel as hul aanhangers gereeld op die hoogte.

Sy het op Twitter gesê: “Dankie aan almal wat in hierdie tyd met my is. My seun vaar goed. As dit God se wil is, sal ons binnekort huis toe gaan.”

Na verwagting sal Noah binne die volgende paar uur ontslaan word.

Bronne: Twitter, themirror.co.uk

LEES OOK: So vermy of behandel jy brandwonde