Ag nee! Ons harte gaan uit na die gewilde Kanadese sanger Michael Bublé. Sy driejarige seuntjie, Noah, is met kanker gediagnoseer, het Michael in 'n verklaring bevestig. Die paartjie het ook ’n nege maande oue seun, Elias.

Feliz día de la madre !! Happy Mother's Day @luisanalopilato !! #myhero #bestmommy #bestfriend

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Die 41-jarige sanger, wat in Maart volgende jaar weer in Suid-Afrika ’n draai maak vir vier konserte hier, en sy Argentynse vrou, die model en aktrise Luisana Lopilato (29), en hul eersteling, Noah, het glo ’n paar dae gelede Amerika toe gereis weens kommer oor sy gesondheid, berig die Amerikaanse blogger Perez Hilton op sy werbwerf perezhilton.com.

Dokters het aanvanklik gedink hy het pampoentjies, maar het later bevestig dis kanker. Dis nog onduidelik watter soort kanker hy het. Die paartjie het ’n verklaring uitgereik wat die hartverskeurende nuus bevestig. Hul onderskeie families vlieg glo ook Amerika toe om klein Noah te ondersteun. Michael en sy vrou van die afgelope vyf jaar het glo ook hul werkskedules afgeskaal. Michael het nog in September ’n foto van hom en sy gesin gedeel voor stralers toe hy reggemaak het vir sy musiektoer. Hy het onlangs sy negende album, Nobody But Me, uitgereik.

This is how the new tour begins. Off to rehearsals. We're coming to a city near you !!! #getready #2017 #mbtour

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Klein Noah het net ’n maand vroeër, in Augustus, sy derde verjaardag gevier.
Michael se vrou deel gereeld skattige foto’s van hul seuns.

Noah het verlede jaar ernstige brandwonde opgedoen na 'n ongeluk met kookwater by hul huis in Argentinië.

Michael het onlangs in ’n onderhoud vertel hoe versot hy is op pawees en sy seuns. “Ek is baie lief vir hulle en wil net hê hulle moet gelukkig wees,” het hy vertel. “My doel in die lewe is om hulle pragtige, gelukkige mense te maak.”

Ons gebede is met die gesin in dié tyd.

BRONNE: PEREZHILTON.COM, ETONLINE.COM, PRIDESOURCE.COM; DAILYMAIL