Oor universiteit toe gaan: “Ek het gedink: ‘O, ek moet universiteit toe gaan’ omdat ek die konsekwentheid van dieselfde mense in dieselfde plek met al my vriende nodig gehad het. Maar ek dink my huis het dit nou vervang omdat ek nou ’n woonstel in Sydney het. Maar ek gaan waarskynlik eendag die swanger 30-jarige heel agter in die klaskamer wees.”

Oor troeteldiere uit haar kinderdae: “Ons het byna alles behalwe honde gehad, wat op die ou end soveel meer moeite was as wat dit sou gewees het as ons net eenvoudig ’n hond gekry het. As een van ons ’n haas gekry het, moes almal ’n haas kry. Dan was dit naderhand drie hase en drie hokke. Dit was ’n ramp.”

Oor skaam wees as kind: “Ek dink ek het ’n reputasie as iemand wat skaam is, maar ek dink nie ek is té skaam nie. Ek was waarskynlik terughoudend, maar ek het gewissel tussen besonder hiperaktief en baie stil; daarom kan ek nie werklik sê hoe ek was nie. Ek dink ek het nogal in ’n droomwêreld geleef.”

- Janine Nel