Op 8 Maart 2014 styg vlug MH370 van Kuala Lumpur-lughawe op, bestemming Beijing. Aan boord: 227 passasiers en 12 bemanningslede. ’n Uur later verdwyn dit van die radar.

Samesweringsteorieë versprei vinniger as ’n slegte verkoue; van ’n kaping, ’n bom aan boord en daardie geheimsinnige laaste gesprek wat vanuit die stuurkajuit gevoer is.

Maande van hoop, duisende vierkante kilometers se vrugtelose soektogte en in-diepte ondersoeke het tot nou toe nog geen antwoorde gebring nie.

Lees ook: Persoonlike items van MH370-passasiers moontlik gevind Maar verskeie brokstukke wat onder andere in Suid-Afrika, die Mosambiekse kus, die eiland Reunion en Tanzanië gevind is, het weer ’n klein flikkering van hoop laat opvlam dat die antwoorde sal kom waarna daar die laaste paar jaar gesoek is.

Die hoop word nou daarop gevestig dat die brokstuk wat in Junie in naby Pemba in Tanzanië gevind is – ’n deel van die regterkantse vlerk – antwoorde sal kan verskaf of die vliegtuig wel nog operasioneel was voordat dit die water getref het.
’n Datumstempel wat aandui dat dat die vliegtuig op 23 Januarie 2002 vervaardig is, stem ooreen met MH370 se afleweringsdatum, 31 Mei 2002.

Bronne: sputniknews.com, bbc.com, reuters.com