4 varklendetjops of -neksteaks

sout en peper

30 ml (2 e) olyfolie

SPESERYMENGSEL

15 ml (1 e) bruinsuiker

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) paprika

5 ml (1 t) fyn komyn

15 ml (1 e) olyfolie

SLAAI

1 blik (410 g) pitmielies

1 blik (410 g) rooinierboontjies

4 stingeluie, gekap

handvol koljanderblare

15 ml (1 e) olyfolie

15-30 ml (1-2 e) suurlemoensap

sout en peper

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die tjops met die sout en peper. Sprinkel die olyfolie oor.
  2. Speserymengsel Meng alles en smeer oor die tjops. Sprinkel die olyfolie oor en rooster 10-15 minute.
  3. Slaai Meng alles; geur met die suurlemoensap en die sout en peper na smaak. Sit voor saam met die tjops.