[caption id="attachment_54976" align="aligncenter" width="600"]Chané de Kock (middel) is Saterdagaand as Mev. Suid-Afrika gekroon Chané de Kock (middel) is Saterdagaand as Mev. Suid-Afrika gekroon[/caption]

Sy het grootgeword op ’n plaas naby Viljoenskroon in die Vrystaat en woon tans op ’n wyn-en-laventelplaas by Stellenbosch. Sy beskryf haar as ’n gelukkig getroude vrou vir haar man, Stephanus, en ma van Stephanus (7), Daniël (5) en Ester (2). Sy het ’n graad in internasionale studies, maar werk as ’n gesondheidskonsultant. Ons het vyf vrae aan haar gestel.

Hoekom dink jy is jy as Mev. Suid-Afrika gekies?

Ek was net myself en het uit my hart gepraat. My passie vir vroue en Suid-Afrika lê my na aan die hart en dit was duidelik.

Wat het deur jou gedagtes gegaan toe jou naam gelees word?

Dit was ’n ongelooflik ervaring! Ek was vreeslik opgewonde, maar ook bewus van die groot verantwoordelikheid wat dié ongelooflike titel inhou.

Wat wil jy graag in die jaar vermag?

Ek wil graag vroue inspireer om nooit hoop in hulself of hul drome te verloor nie. Ek is ook passievol oor ’n gesonde leefstyl en sal dit ook wil bevorder.

Het jy ’n skoonheidsgeheim?

Ek dink ’n vrou is op haar mooiste wanneer sy weet wie sy is. Die skoonheid van ’n vrou is in haar hart en skyn deur haar oë en die woorde wat sy gebruik.

Beskryf Suid-Afrika.

Suid-Afrika is die land van geleenthede. Dit is divers en kreatief. Ek is baie lief vir Suid-Afrika, veral sy spesiale mense en ons pragtige landskap!

[caption id="attachment_54977" align="aligncenter" width="600"]Van links na regs: Daniël (5), Stephanus (7), Chané en Ester (2) Van links na regs: Daniël (5), Stephanus (7), Chané en Ester (2)[/caption]

[caption id="attachment_54978" align="aligncenter" width="300"]Chané de Kock Chané de Kock[/caption]