Rod Stewart sê sy vrou beskryf sy geslagsdeel as “mooi, maar nie groot nie”.

Die 68-jarige sanger, wat onlangs onthul het sy penis het gekrimp toe hy in die laat 80’s aan steroïdes verslaaf was, sê Penny Lancaster (42) traak nie dat sy geslagsdeel aan die klein kant is nie en die twee baljaar steeds twee tot drie keer per week onder die lakens.

Hy het gesê: “My vrou sê dis mooi, maar nie groot nie. Ons doen dit twee tot drie keer per week. Wanneer jy, soos ons, twee klein kindertjies het, moet ons dit tussen die kinders inpas.”

Rod en Penny het twee seuns, Alastair (7) en Aiden (2). Hy het al erken hy het in die jare 70 kop uitgetrek om ’n gipsafdruk van sy geslagsdeel te laat maak toe hy sien hoe enorm die oorlede kitaarspeler Jimi Hendrix se afdruk was.

Hy is in die koerant Daily Star aangehaal: “Ek onthou dit soos gister. Toe ek Jimi s’n sien, het ek my broek aangetrek en beteuterd die pad gevat.”

Die sanger, wat agt kinders by vyf vroue het, het al erken hy het van steroïdes afhanklik geraak om voor optredes sy stembande te help streel, maar die middels het sy geslagsdeel laat krimp.

Hy het gesê: “In die laat 80’s was ek aan steroïdes verslaaf. In daardie dae het ons nie monitors in ons ore gehad nie. Die groep het ál luidrugtiger en dronker geword en ek het pal my stem verloor.

“Die steroïdes verminder die swelling in enige membraan – jou jy-weet-wat inkluis. Maar dis wat jy doen wanneer jy in die knyp is en ’n optrede moet doen en nie kan sing nie.”