Barbara Sinatra, Frank se vierde vrou, sê dis infame leuens dat Mia Farrow se een seun Frank se kind is. Mia was voor Barbara met Frank getroud.

Sy en Frank het glo lank nadat hulle uitmekaar is nog saamgeslaap.

Barbara sê die bewering is vals. Sy en Frank was van 1976 tot met sy dood in 1988 getroud.

Die 85-jarige weduwee het aan die Kaliforniese koerant Desert Sun gesê: “Ek kan dit nie glo nie. Dis nonsens. Daar word altyd nonsens geskryf – dinge wat nie waar is nie.”

Frank sou iets vir Ronan in sy testament nagelaat het as hy regtig sy seun was, het sy bygevoeg.

Mia en Frank was net tussen 1966 en 1968 getroud, maar sy sê hulle is nooit werklik uitmekaar nie.

Die aktrise van Rosemary’s Baby het vier biologiese en vyf aangenome kinders uit haar verhoudings met die komponis André Previn en die regisseur Woody Allen. Daar is altyd aanvaar Ronan is Woody se seun.

Woody se verteenwoordiger het aan The Hollywood Reporter gesê: “Die artikel is so vals en absurd dat hy nie daaroor kommentaar gaan lewer nie.”

Ronan het op Twitter geskerts: “Luister, ons is almal *moontlik* Frank Sinatra se seun.”