Woensdagmiddag is ’n 32-jarige metropolisielid dood nadat hy tydens ’n stop-en-deursoek-operasie op die toneel deur ’n insleepwa getref is. Die voorval het kort voor vyfuur die middag op die R553 vanaf die Ou Vereeniging-pad naby Eikenhof, Johannesburg, plaasgevind.

Hoofsupt. Wayne Minnaar het in ’n verklaring bekendgemaak die bestuurder van die insleepwa het na bewering aan die verkeerde kant van die pad gery. Dit was ook die kant waar die polisieman, wat  aan die Johannesburgse metropolisiedepartement verbonde was, op die gruisrant gestaan het.

Die bestuurder (44) van die insleepwa is op die toneel in hegtenis geneem. Hy sal van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur aangekla word.

Die polisieman het in Dlamini, Soweto, gewoon. Hy laat ’n vrou en ’n jong dogtertjie agter.

Bron: News24