Die vrou het hulp geweier en die saak is na ’n maatskaplike werker verwys vir dringend ondersoek. Die skokontdekking is Vrydag gedoen.

JP Smith, die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste sê in ’n verklaring wat Sondag uitgereik is, dat die metropolisie “ ’n 21-jarige vroue by ’n dwelmhuis in Parow aangetref het waar sy in ’n buitekamer toegesluit is.”

Beamptes het die deur, wat van buite gesluit was, oopgebreek.

Smith sê die vrou is glo deur die mans, wat die vrou aan die stuur van die dwelmhuis betaal het, vir seks gebruik.

Die jong vrou, wat volgens Smith onder die invloed van dwelms was, het hulp geweier. Die stad het egter verseker hulle sal toesien dat ’n maatskaplike werker dringend die beweerde slagoffer sal besoek.

Bron: News24