[caption id="attachment_134621" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Kgoloselo Mahlangu, ’n meteroloog van die Suid-Afrikaanse weerdiens sê 1 September is amptelik die einde van die winter en die begin van die lente. Maar voordat Lentedag gevier kan word, gaan mense nog die baadjies en serpe vir ’n rukkie moet nader hark. Want daar is nog ’n paar kouefronte op pad.

“Die koue front wat Maandag die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng beïnvloed sal teen Woensdag wyk, maar teen Maandag gaan nog ’n kouefront die Wes-Kaap en die Noord-Kaap tref. Ons sal eers nader aan die tyd kan sien hoe dié koue front Gauteng gaan beïnvloed,” sê Kgoloselo.

Volgens Kgoloselo gaan dit môre nog koeler wees as vandag met temperature soos ’n minimum temperatuur van 3°C in Pretoria en ’n maksimum van 21°C. In Johannesburg gaan die kwik deur die nag tot 1°C sak terwyl dit ’n bietjie ysiger in Vereeniging gaan wees met ’n bibberkoue -3°C. Dié twee stede sal deur die loop van die dag ’n bietjie warmer word met temperature tussen 17°C en 18°C.

In Kaapstad gaan die oggend 8°C wees en later deur die dag 17°C. Hoewel Bloemfontein se middagtemperatuur dieselfde as Kaapstad s’n is, begin die oggend met -2°C.