Oor en oor het dokters Melissa Roos (22) en haar verloofde, Ralph Stirk (48), aangeraai om eerder hulle baba te aborteer.

Maar Melissa en Ralph van Pretoria het geweier – selfs al het dokters hulle vroeg in die swangerskap meegedeel daar is vog op hul baba se brein en het hulle geweet baba Nadya sou met ’n waterkoppie gebore word.

[caption id="attachment_125098" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Nadya is eindelik op 30 April deur middel van ’n keisersnee gebore in die Tygerberg-hospitaal in Bellville buite Kaapstad omdat Ralph en Melissa gevoel het hulle kon nie die geskikte hulp vir hul dogter nader aan Pretoria kry nie.

Lees ook: Baba in vullisdrom gevind 20 jaar later met haar redder herenig

[caption id="attachment_125099" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Op die oomblik is sy nog op ’n druppie, maar reeds van die suurstof af en sy haal al self asem. Sy ontvang in dié stadium gemaksorg,” het Ralph Donderdag gesê. Ralph en Melissa is steeds by Nadya se bed.

[caption id="attachment_125100" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

[caption id="attachment_125101" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Ralph het sy werk by ’n boumaatskappy bedank om in dié tyd by sy verloofde en dogter te wees.

Lees ook: ‘Die dag toe die dokter nie my ander baba kon vind nie,’ vertel pa van tweeling

Hy soek reeds in die Kaap werk en hy en Melissa huur op die oomblik ’n motor om oor die weg te kom.

Melissa kan nog nie haar dogter borsvoed nie, maar klein Nadya ontvang wel haar ma se borsmelk deur buisvoeding. Ralph sê die dokter beoog om binne die volgende drie dae vir haar volvoedings te gee.

“Melissa glo ons kleinding gaan reg wees. Met die Vader se hulp is enigiets moontlik,” sê Ralph.

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Hulle gil, skree en baklei in hul slaap!’: Kenners gee raad as jou geliefdes aan vreesaanvalle snags ly

Nutella, Nike, Huawei: handelsname wat jy waarskynlik al die tyd verkeerd uitspreek

Sadag-hulplyn: Dis hoe ’n vriendelike, empatiese stem aan die ander kant van ’n telefoonlyn iemand se lewe kan red

Kry só daardie salarisverhoging wat jy al lank voor wens

Kenners gee raad: Hanteer só kinders se stres en angs