Die hoeveelheid Instagram-gebruikers het nou vir die eerste keer Twitter-gebruikers verbygesteek. Twitter het einde September aangekondig hulle het 284 miljoen gebruikers.

“Ná vier jaar het dit ontwikkel van twee vriende se droom tot ’n wêreldwye gemeenskap wat daagliks meer as 70 miljoen foto’s en video’s deel,” het die hoof uitvoerende beampte van Instagram, Kevin Sytrom, in ’n blog gesê.

“Instagram huisves kreatiwiteit in al sy vorms; dit is ’n plek waar jy alles van foto’s van die Nyl tot nuwe modes van Herschel Supply tot ’n vlugtige blik in Taylor Swift se lewe kan kry.”

Kevin het ook gesê Instagram sal nou “bekendes, atlete en handelsmerke se profiele met wapens verifieer” om te verseker gebruikers volg die ware Jakob.

“Hierdie wapens sal oor die volgende paar dae begin verskyn,” het Kevin gesê.

“Ons probeer ons bes om te verseker dat vals profiele wat die res van die internet lastig val, nie op Instagram moeilikheid sal veroorsaak nie. Ons deaktiveer gereeld gemorspos-profiele om jou ervaring te verbeter. As deel van hierdie poging verwyder ons permanent hierdie profiele sodat dit ook nie meer deel van ons gebruikerstal uitmaak nie.”

Facebook het in 2012 suksesvol sy verwerwing van Instagram voltooi. Die oorspronklike prys was R11 biljoen, maar die finale koopprys was minder as gevolg van ’n daling in Facebook-aandele se pryse. Instagram se hoofdoel is om slimfoonfoto’s te deel wat met met sekere kamerafilters versterk kan word. Debra Aho Williamson van die navorsingsfirma eMarketer sê dit kan baie winsgewend wees om op Instagram te adverteer; net in Amerika het dit 52,5 miljoen gebruikers.

'Die hoeveelheid Instagram-gebruikers het nou vir die eerste keer Twitter-gebruikers verbygesteek.'

“Met 300 miljoen maandelikse gebruikers word Instagram baie aanloklik vir adverteerders en die feit dat dit so vinnig groei, maak dit net meer van ’n trekpleister.

“Advertering op Instagram is nog baie nuut en dit moet nog baie groei – sy vermoë om mikpunte te stel is byvoorbeeld baie beperk – maar die maatskappy se nuwe, geverifieerde wapens stuur ’n boodskap aan die advertensiegemeenskap dat hulle gebruikers ware mense sal wees en nie namaaksels of outomate sal wees nie.”

- Sapa