Sy word beskou as Hollywood se “waardevolste skat” en as Meryl Streep die dag iets sê, sit die wêreld regop.

Die bekroonde aktrise het by die onlangse 74ste Golden Globe-prysaand die Cecil B. DeMille-prys vir haar lewenslange bydrae tot die vermaaklikheidsbedryf ontvang.

Lees ook: La La Land wen meeste pryse nóg by Golden Globes Sy het die geleentheid gebruik om haar mond uit te spoel oor die verkose Amerikaanse president, Donald Trump:  

Sy noem nooit Trump se naam nie, maar uit haar byna ses minuut lange toespraak kan jy aflei wie die teiken van haar kwetsende woorde is.

“Daar was hierdie jaar een vertoning wat my sprakeloos gelaat het," sê sy. "Dit het my hart en siel geroer. Nie omdat dit goed was nie; daar was niks goed daaraan nie. Maar dit was effektief en dit het sy doel gedien.

"Dit het die gehoor laat lag en hulle het tande gewys. Dit was die oomblik toe die mens wat vir die mees gerespekteerde posisie in ons land aansoek doen, ’n gestremde verslaggewer nagemaak het.

"Dis iemand wat hy verreweg oordonder met sy bevoorregte lewe, mag en die vermoë om terug te veg. Dit het my hart gebreek toe ek dit sien en ek kan dit steeds nie uit my kop kry nie, want dit was nie ’n rolprent nie. Dit was die regte lewe . . .

"Minagting lok minagting. Geweld veroorsaak geweld. En die magtiges gebruik hul posisie om ander te boelie en ons almal verloor."

In ’n onderhoud met die New York Times het Trump ontken dat hy ’n bespotting van een van hierdie koerant se joernaliste, Serge Kovaleski, in ’n toespraak in 2015 gemaak het.

Serge, wat in Kaapstad gebore is, ly aan ’n toestand wat die beweging van sy arms aantas en sy hande na binne laat invou.

Hier is ’n gedeelte uit Trump se gewraakte toespraak in Suid-Carolina:

“Ek het nooit met enigimand gespot nie,” sê Trump. “Mense hou aan sê ek wou met die verslaggewer se gestremdheid spot, asof Meryl Streep en ander my gedagtes kon lees. Ek het nie so iets gedoen nie.”

Hy het tydens die telefoniese onderhoud erken hy het nog nie Meryl se toespraak gesien nie, maar sê hy is nie verras daardeur nie, want sy is mos ’n “Hillary-liefhebber”.

Meryl het ook Trump se siening oor die regte van uitlanders en gay mense baie subtiel getakel: “Hollywood krioel van buitestaanders en uitlanders, en as jy hulle almal uitskop sal jy niks hê om na te kyk nie behalwe voetbal en gemengde gevegskuns, wat nie kuns is nie.”

Sy het voorbeelde opgenoem van Hollywood-sterre wat buite Amerika gebore is: "Amy Adams van Vicenza, Italië; Natalie Portman van Jerusalem; Ruth Negga in Addis Abeba, Ethiopië; Ryan Gosling in Kanada; en Dev Patel is in Kenia gebore en het hier grootgeword en speel ’n Indiër in Tasmanië [in die genomineerde fliek Lion].” Sy het bygevoeg: “Ons het ’n beginselvaste pers nodig om diegene aan bewind tot verantwoordelikheid te roep; om hulle aan te vat vir elke wandaad . . .” Tydens Meryl se toespraak het die kamera af en toe die reaksie van ander sterre gewys. Amy Adams en Kerry Washington was duidelik aangedaan deur haar woorde:  

Hier is nog reaksies van bekendes: Julianne Moore, aktrise:  

Ellen DeGeneres, kletskoningin:   Uzo Aduba, aktrise en sanger:   John Legend, sanger:   Sarah Silverman, komediant:   Sean Hannity, TV-aanbieder:   Tomi Lahren, TV-aanbieder:   Meghan McCain, radio-omroeper:  

Bronne: huffingtonpost.co.za, nytimes.com, cnn.com.