Sy is eenvoudig ’n verskynsel. Sy is nie jonk nie, nie besonder beeldskoon nie, nie vreeslik sexy nie – maar Meryl Streep is so witwarm dat jy voel jy het dalk ’n vatlappie nodig om aan haar hand te raak.

Op 60 het sy ’n rits nuwe trefferflieks agter haar naam, sy word benoem vir Oscars en Golden Globes en wen sommer

laasgenoemde, en sy pryk op die voorblad van die Amerikaanse glansbybel Vanity Fair asof sy Hollywood pas soos ’n bom getref het.

En eintlik regeer sy al meer as drie dekades lank daar. Haar jongste rolprent, It’s Complicated, lok die skares en

almal verkyk hulle aan die vonk tussen haar en Alec Baldwin in dié romantiese komedie.

Maar die vrou is so tydloos dat daar nou selfs ’n Facebook-petisie is dat sy in een van Lady Gaga se musiekvideo’s moet verskyn. En 15 000 mense het dit al onderteken.

Kortom, sy is witwarm – en sy kan dit self kwalik glo.

Lees meer oor Meryl Streep in die uitgawe van 8 April.