Wydverspreide buie word oor die sentrale dele van die land verwag, en daar word gewaarsku teen die moontlikheid van kitsvloede. eNCA se weerdiens het mense gister gewaarsku stortbuie sal veral in die noordwestelike dele van die land voortduur.

Swaar reënbuie kan die res van die week voortduur. Gauteng, die Vrystaat, die Noord-Kaap en die ooskus van KwaZulu-Natal moet sambrele byderhand hou.
Skakel op jou naaste plaaslike radiostasie in vir die nuutste verwikkelinge rondom oorstromings en moontlike padsluitings in jou gebied.

’n Twitter-rondomtalie van oorstromings

Maandag het die pad in die tussen Swartruggens en Groot Marico oorstroom.