Die skietery het volgens berigte 39 mense geëis.

Die department van internasionale verhoudinge en samewerking se woordvoerder Clayson Monyela sê: “Tot dusver is daar geen inligting wat aandui enige Suid-Afrikaners is deur die ongelukkige voorval geraak nie.”

The Gaurdian berig die Turkse minister van binnelandse sake sê die skieter is steeds op vrye voet al is daar berig hy is deur polisie doodgemaak.

’n Skieter het in die Reina-klub – een van die stad se gewildste en eksklusiefste nagklubs – binnegekom en verwoesting gesaai.

Die klub is aan die oewer van die Bosphorus aan die Europese kant van die Turkse stad en het ’n terras wat na die water lei.

Die skieter het glo Kalashnikovs gebruik om die mense af te maai.

Bron: News24