Mensregtegroepe kritiseer sy besluit om op te tree in die land wat onder Robert Mugabe se regime deurloop, veral omdat kaartjies van R330 tot meer as R1000 kos, pryse wat die deursnee-Zimbabwiër beslis nie kan bekostig nie.

Volgens die Guardian beskryf Dewa Mavhinga, van die groep Human Rights Watch, Adams se besluit om daar op te tree as “onvanpas”, en sê “dit kan die boodskap uitstuur dat Zimbabwe reggekom het, en dat daar rede is vir internasionale samewerking, wanneer daar nie is nie.

Die konsert vind vanaand in Harare se internasionale konferensiesentrum plaas. Kaartjies het uitverkoop binne ure nadat dit beskikbaar gestel is.

Adams is nie die eerste bekende wat onder kritiek deurloop vir konserte in lande waar dit moeilik gaan nie. Mariah Carey het verlede jaar onder skoot gekom nadat sy meer as R10 miljoen gemaak het uit haar optrede vir die Angolese leier José Eduardo dos Santos. Sy het ook in 2008 opgetree vir Moeammar al-Ghaddafi, Libië se ontslape diktator.

Nelly Furtado en Beyoncé het ook al vir Ghaddafi opgetree, en die rocker Sting het in 2009 wenkbroue laat lig toe hy vir die Oezbekiese leier Islam Karimof se dogter opgetree het.

Mieke Vlok

Bronne: Guardian, Uptown Magazine.com