Hierdie pragtige, hartroerende boodskap van 'n groep jong mense sal enige ma 'n traan of twee laat wegsluk! Hulle het dit gemaak as antwoord op 'n brief van 'n ma swanger met 'n baba met Downsindroom. In die brief vra sy om hulp en vertel sy van haar vrees oor wat moontlik op haar en haar ongebore baba wag. Hulle reaksie spreek boekdele oor hoop en VREUGDE.

Die video is ook gemaak om bewustheid te weeg te bring op Wêreld Downsindroom Dag op 21 Maart en het sedertdien blitsvinnig op die internet versprei. Kyk dit hier.