Die ma van ’n pasgebore seun wat op Worcester ontvoer is, het gerugte ontken dat sy haar baba vrywillig prysgegee het.

[caption id="attachment_119011" align="alignnone" width="600"]Juanita Muller en Gerald Strydom se seun, Sergio.  Foto: Jenna Etheridge, News24 Juanita Muller en Gerald Strydom se seun, Sergio. Foto: Jenna Etheridge, News24[/caption]

“Mense dink ek het hom verkoop. Dis nie waar nie,” het Juanita Muller Dinsdag gesê terwyl sy klein Sergio in ’n blou kombers vashou.

Lees ook: Zephany Nurse se grootmaak-ma het gedink ‘haar mamma wil haar nie hê nie’

Waar sy langs haar kêrel, Gerald Strydom, in hul beknopte huis in Roodewal sit, het sy gesê sy wou net weet waarom haar baba gevat is.

Vroeër vandag het ’n 17-jarige meisie in kamera in die landdroshof op Worcester voorgekom weens ontvoering.

’n Medebeskuldigde is vroeër vrygelaat weens ’n gebrek aan bewyse. Die saak is tot 24 Maart uitgestel.

Familielede is verhoed om na die hofverrigtinge te luister, want die beskuldigde is minderjarig.

Lees ook: ‘As dit nie vir die baba was nie, sou ek nooit van die gewasse uitgevind het nie,’ vertel kankerlyer

Sergio se ouers sê oomblikke voor hy Donderdag uit die Worcester-hospitaal gesteel is, het ’n jong vrou die saal binnegestap.

Sy het haar voorgestel en gesê waar sy woon. Sy het vertel sy het ’n miskraam gehad en toe gevra of hul baba ’n naam het.

“Sy was baie mooi, netjies van kop tot tone en so vriendelik,” het die ma van vier vertel. Voor hulle hul oë kon uitvee, was hul baba weg.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Negejarige sterf raaiselagtig tydens vlug

Beskerm só jou kind teen ongepaste inhoud op die internet

Oorlewingswenke vir enkelouers

Het jy al gewonder waar ritssluiters vandaan kom?

Moet ek my baas in sosiale media bevriend? Hier’s wenke oor aanlyn etiket