Hulle het die afgelope naweek ’n slang van sowat 7,6 m met stokke doodgeslaan omdat hulle bang was hy het ’n kind ingesluk. Hulle het die slang selfs onthoof.

Passasiers op ’n trein het die slang eerste gesien toe hulle die dorpie binnekom.

Die daad is per toeval ontdek toe mense die slang langs ’n pad in die dorpie sien, waar inwoners dit gelos het om die vel te slag.

Omgewingsbewaarders het die optrede gekritiseer, maar inwoners het volgehou die slang was ’n bedreiging vir hul kinders en diere.

- Marelize Potgieter

Bronne: njnewsday.com, dailymail.com