Elf gewese mejj. Suid-Afrika vertel hoe hul loopbaan vlam gevat het  nadat hulle die kompetisie gewen het.

[post-slider]

Jo-Ann Strauss, 2000 se Mej. SA, is ’n direkteur en raadslid van Primedia en Media24 en het haar eie TV-program, Glambition.

Amy Kleinhans-Curd het die kompetisie in 1992 gewen. Sy is betrokke by sakebelange wat hoofsaaklik fokus op die opheffing van voorheen benadeelde gemeenskappe deur leer en ontwikkeling.

Kerishnie Naicker, Mej. SA 1997, is ’n direkteur van Netcare, en Suzette van der Merwe, Mej. SA 1990, is Cell C se hoof van handelskommunikasie en hoof uitvoerende beampte van die Cell C-stigting.