Die afgelope week is soos 'n droom wat waar geword het vir Mej Suid-Afrika, Liesl Laurie  Sy het reeds haar eerste amptelike taak as Mej SA in haar tuisdorp, Eldorado Park, afgehandel. Liesl het by die 67 Blankets-veldtog aangesluit waar sy gehelp het om komberse vir meisies van die Hadassah-sentrum vir Vroue in De Deur gebrei het. Dié sentrum help jong vroue om probleme soos dwelmmisbruik, mishandeling en prostitusie te bowe te kom.

Jy kan altyd opstaan, jouself afskud en weer begin bou

Liesl is passievol oor die bemagtiging van jong vroue sodat hulle in hulself kan glo en nooit ophou om hul drome na te jaag nie.

Haar eie swaarkry en haar ma se stryd teen dwelmverslawing  dra ook tot haar inspirasie by.

Liesl se ma, Karen, 'n hoërskoolonderwyseres het die Soweton vertel dat haar pad na herstel 'n baie lang en moeilike een was vir beide haar kinders.

Liesl sê  sy het soveel geleer uit die manier waarop haar ma struikelblokke in haar eie lewe oorwin het.

"Om haar deur daardie struikelblokke te sien werk het my geleer dit mag nie saak hoe laag of ver jy val nie. Jy kan altyd opstaan, jouself afskud en weer begin bou. Ek salueer haar," het Liesl gesê

Bron: The Juice