’n Deelnemer aan die onlangse Mej. Suid-Afrika-kompetisie het op Twitter ’n stekie ingekry na die aktrise Charlize Theron en gesê sy “stel net belang in Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse kwessies wanneer daar publisiteit daaroor is”.

A post shared by #vote4to45791 (@imanmkwanazi) on

Iman Mkwanazi (26) was een van die 12 deelnemers wat op 26 Maart meegeding het om die kroon waarmee Demi-Leigh Nel-Peters (21) eindelik weggestap het.
“Ek voel sy is net Suid-Afrikaans wanneer dit vir haar gerieflik is. Dis net my waarneming en mening daaroor,” het die model en entrepreneur van Lenasia gesê.
Heelparty Twitter-gebruikers was nie beïndruk met Iman se kommentaar nie. Die aktrise Pearl Thusi het selfs gesê Charlize “doen dalk baie ander goed ook en praat net nie noodwendig daaroor nie”.
Ander het Iman weer daarvan beskuldig dat sy aandag soek en haarself in die kollig probeer hou noudat Mej. Suid-Afrika verby is.