’n Vyfjarige meisie van Pretoria het tydens ’n kaping so hard gegil dat die kapers die motor verlaat en weggehardloop het, het Beeld Woensdag berig.

Annamarie van Greunen het Sondagmiddag in Danville, Pretoria, in die motor agtergebly toe ’n gewapende man en twee medepligtiges haar tannie uit haar motor dwing.

Sy het na bewering gevra of die kapers haar huis toe sou neem as sy na hulle luister.

Nadat die kaper nee gesê het, het Annamarie histeries begin gil. Sy het eers opgehou toe die mans stilhou en vlug.

Sy het uit die motor gespring en straat toe gehardloop waar ’n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum, wat van die kaping in kennis gestel is, haar gekry het.

Annamarie het Dinsdag na haar kleuterskool teruggekeer.

Sy vra steeds haar ma of die kapers nou weet waar sy woon

- Sapa