Kinders vertel graag wit leuentjies, maar klein Breanna het dit effe verder gevoer.

[caption id="attachment_89274" align="aligncenter" width="600"]Breanna is tog te lief vir haar koei, Izzy. Breanna is tog te lief vir haar koei, Izzy.[/caption]

Die vyfjarige het haar ma, Billie Jo Decker, ’n verrassing gegee toe sy ’n koei by hul huis in Harford, Pennsilvanië, inlaat.

En toe haar ma vra hoekom sy dit goedgedink het om die swart kalfie in te laat, het sy heelwat redes gehad om haar optrede te regverdig.

Nie een val hulle is naastenby geloofwaardig nie, maar die twee is so oulik saam dat dit moeilik is om kwaad te wees.

- Janine Nel