Tydens ’n besoek aan Disney World het hierdie vurige meisie Gaston van Beauty and the Beast ontmoet en dit onomwonde gestel: Daar is nie ’n manier dat hy met Belle sal trou nie.

Die meisie, Isabella, was nie beïndruk deur Gaston se berugte sjarme en het trots aangekondig Beast is haar gunstelingkarakter.

Sy het toe die volgende gesê oor Gaston se voorneme om met Belle te trou: “Jy gaan nie met Belle trou nie! Nooit as te nimmer!”

Isabella stap toe al pronkende weg en ’n onteerde Gaston bly agter om sy wonde te lek.

“Ek is deur ’n meisie uitoorlê. En dit nogal ’n korte,” sê hy oor sy nederlaag.

’n Omstander het die oulike video geneem en op YouTube gelaai; dit is al meer as 200 000 keer gekyk.

- Janine Nel