Twee tienermeisies moes die polisie bel nadat hulle in ‘n winkeltrollie vasgesit het.

Nooddienste in die klein Sweedse dorpie, Ed, was verbaas om dié tweetjies in die trollie te vind.

Na bewering het die meisies vir sowat ‘n uur onverpoos probeer om uit die trollie te klim, sonder enige geluk.

“Dit was nogal vernederend vir hulle,” het Joakim Nystedt, woordvoerder vir die plaaslike nooddienste, gesê.

“Hulle het langs mekaar gesit in die trollie.  Een voor en een agter. Daar was nie baie spasie oor nie. Dit was eintlik nogal snaaks,” het Nystedt gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-BANGShowbiz