Netwerk24 berig dat die honde vir Siyamthanda Bakamelo, ’n gr.?4-leerling, verlede Maandag voor haar ouerhuis in Rosettenville, Johannesburg, verskeur het. Sy het intussen infeksie in die been opgedoen en is ernstig siek in die hoësorgeenheid van die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal.

Volgens Netwerk24 het Siyamthanda bytwonde op haar lyf en haar niere het verlede week ingegee, terwyl sy ook aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel is.

Siyamthanda is aangeval toe sy Maandag van die skool af gekom het.

Sy woon saam met haar ouers in ’n tuinwoonstel in die agtertuin van die honde se eienaar.

LEES MEER HIER

Bronne: Netwerk24, News24Wire