Snap Map is basies ’n intydse kaart wat jou wys waar jou vriende op daardie spesifieke oomblik uithang. 

Die nuwe kenmerk beteken jy weet op enige gegewe tyd waar jou maat is – mits hulle nie in “spookmodus” is nie. 

’n Twitter-gebruiker wat die naam “Gg” gebruik, het iets skokkends uitgevind toe sy die app gebruik om te sien waar haar kêrel is. Dit het heel onskuldig begin terwyl sy net die nuwe app op die proef gestel het. 

Maar sy het later op Twitter geskryf: “Ek het letterlik nou gekyk hoe my ou iemand anders vasdruk,”voor sy bygevoeg het ontroue maats word as gevolg van die kaartbywerking “uitgevang”.

Haar skermgrepe wys hoe die kêrel ’n ander vrou ontmoet en tyd saam met haar deurbring. 

Gg het haar volgelinge op Twitter van die sage op die hoogte gehou en later mense ingelig hulle is uitmekaar – maar hy het dieselfde meisie later weer ontmoet. 

Dit blyk sy is nie die enigste een wat geskok was om te sien wat die nuwe kenmerk onthul nie. Nog ’n Twitter-gebruiker het skerstend “Die nuwe Snapchat-bywerking ruïneer reeds lewens” by ’n skermgreep van Facebook.

Gg het haar plasings opgesom deur te sê: “As jy die hele somer van ’17 ontrou is, beveel ek jou aan om op spookmodus op Snapchat te gaan.”

Bronne: Viral ThreadThe Sun