Johannesburg –

Noeline Koekemoer se ma het Dinsdagaand op haar lyk in haar kamer afgekom, sê kapt. Chaka Marope.

Die ma het omstreeks 18:00 by die huis gekom en afgekom op haar dogter wat verwurg en doodgeslaan is, sê Chaka. Dit lyk of sy met ’n stomp voorwerp geslaan is.

“Haar lyk het in ’n plas bloed gelê.”

Die polisie het met hul aankoms op die toneel vasgestel dat sy ook verkrag is. Haar selfoon is gesteel.

Chaka sê Noeline se kamerdeur is van buite gesluit en daar was geen teken van gedwonge toegang nie. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

News24