’n 12-jarige meisie van Johannesburg het haarself Sondagmiddag doodgeskiet, berig Netwerk24.

Anneke Mostert se ouers, Daan en Margha, was ten tyde van die voorval oorsee met vakansie en haar ouma het na haar omgesien.

Sy was ’n gr.?6-leerling aan die Laerskool Louw Geldenhuys.

Volgens Netwerk24 het Anneke Sondag aan haar ouma gesê sy gaan draf. Sy het glo haar pa se .38-rewolwer uit die kluis gevat en haarself omstreeks 14:00 langs ’n pad met in die woonbuurt Quellerina geskiet.

Sy is ses uur later in die Flora Life-kliniek dood. Anneke het nege briefies voor haar selfdood geskryf waarin dit blyk dat sy moontlik geboelie en gespot is.

LEES MEER HIER

- Selfdood-krisishulplyn: 0800?567?567 óf SMS 31393 - Sadag se geestelike hulplyn: 011?234?4837

Ook op Netwerk24:

Familie sê hospitaal het ouma mishandel

Man onthou net uur en ’n half op ’n slag