Jaylon Rippy van Florida se ma, Tanya, en haar broer, Trevor (9), is ook in die fratsongeluk beseer. Hulle is na ’n hospitaal gebring.

Dit is die eerste keer dat iemand op die Suwanneerivier sterf nadat ’n steurvis hulle tref, maar beserings is nie ongewoon nie, het die Florida-bewaringskommissie vir vis en wildlewe gesê.

Vier mense is al vanjaar deur die vissoort beseer wat hoër as 2 m kan spring. Die vis kan tot 90 kg weeg en 2,4 m lank word.

Vriende van die Rippy-gesin het ’n GoFundMe-webtuiste geskep om hulle te help om die mediese en begrafniskoste te dek.

Luidens die webtuiste was “die Rippy-gesin op Donderdag 2 Julie in ’n ongeluk toe ’n steurvis op hul boot beland het”.

“Hul kosbare baba, Jaylon, is op 3 Julie hemel toe. Tanya en Trevor sal albei spesialiste moet spreek en moontlik operasies moet ondergaan. Hierdie gesin sal ook die koste van die begrafnis moet dek. Dra asseblief by wat julle kan en onthou hulle bowenal in jul gebede.”

Bronne: News.co.au, mirror.co.uk