[caption id="attachment_161984" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Isabella Floyd (4) was met vakansie by ’n oord in Bulgarye saam met haar ouers toe sy saam met haar ma, Nicola, in die borrelbad klim.

Klein Isabella se sitvlak is in die filter vasgesuig en Nicola kon haar nie uitkry nie, berig die Britse koerant The Sun.

Isabella het in pyn begin geskree: “My maag! My maag!” Sy is eers bevry nadat die oord se lyfwagte die masjien afgeskakel het.

“Ek het in die een hoek en Isabella in die ander hoek gesit; sy’t my probeer naboots,” het Nicola aan die koerant gesê.

“En toe begin skree sy. Daar was nie ’n deksel op die filter nie. Sy’t nie onderwater gegaan nie. Ek het haar vasgehou.”

Toe sy eindelik loskom, is bevind dat Isabella se ingewande erg beskadig is.

[caption id="attachment_161985" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Daar is met haar na ’n hospitaal naby die oord Varna by die Swartsee gejaag, waar dokters twee operasie uitgevoer en ’n deel van haar ingewande verwyder het, het Metro.co.uk berig.

Sy moes in ’n medies geïnduseerde koma geplaas word.

“Sy’t nooit gehuil nie – sy was in skok. Sy’s my enigste kind – ek het drie jaar probeer swanger raak,” het ’n verpletterde Nicola gesê.

Dr. Rumen Hristov, ’n pediatriese chirurg, sê dokters baklei nog hard om Isabella se lewe te red.

Bronne: The Sun, Metro.co.uk, Elite Daily