Dit het eindelik op sy dak te lande gekom en die bestuurder is in die wrak vasgekeer. Brandweerspanne en nooddienste het onverpoosd gewerk om sedert hul aankoms op die toneel, met behulp van meganiese kake toegang tot die man te bewerkstellig vir mediese hulp. ’n Insleepwa gaan ook ingespan word om die wrak te lig. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder versoek motoriste in die omgewing om versigtig te bestuur aangesien ’n gedeelte van die pad versper is. Die reddingsoperasie geruime tyd kan duur.