Voorlopige verslae dui daarop dat die vragmotor by die N4 wou aansluit toe ’n taxi dit teen die kant tref.

[caption id="attachment_168094" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf (Netcare 911) Foto verskaf (Netcare 911)[/caption]

Die bestuurder en ’n vrouepassasier was nog in die taxi-wrak vasgekeer toe paramedici en brandweerpersoneel op die toneel aankom. Die bestuurder en passasier is kritiek beseer.

Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, het nog vyf pendelaars ernstige beserings opgedoen.

Die brandweer moes ’n insleepwa ontbied om die taxi onder die vragmotor uit te sleep. Daarna is meganiese kake gebruik om die beseerdes te bevry.