Megan Fox en Brian Austin Green verwag nog ’n seuntjie.

Die egpaar, wie se seun, Noah, op 27 September een word, is bly hulle gaan ’n seuntjie ryker word.

’n Bron het aan die tydskrif In Touch Weekly gesê die This is 40-ster (27) en Anger Management-akteur het die goeie nuus vroeër vandeesmaand gekry. “Hulle is albei opgewonde.”

Brian, wat in Beverly Hills 90210 verskyn het, sê hy weet nie hoe hy en Megan twee babas gaan behartig nie, maar mense kry dit tog reg.

Hy het gesê: “Ek doen wat sy vra en sê ja, maak nie saak waarvoor nie.”

Brian het ook ’n seun, Kassius (11), uit ’n vorige verhouding.