“Die feit dat die saak op versoek van mnr. Pistorius se regsadviseurs vertroulik gehou is, is ook nie te boek gestel nie.” Oscar Pistorius

'Ons was gister taamlik verbaas toe hierdie feit in die hof bekendgemaak is.'

“Ons was gister taamlik verbaas toe hierdie feit in die hof bekendgemaak is sonder enige vooraf waarskuwing,” het Dup die Bruyn, SC, vir die Steenkamp-egpaar, in ’n verklaring gesê.

“Die feit dat die saak op versoek van mnr. Pistorius se regsadviseurs vertroulik gehou is, is ook nie te boek gestel nie.”

Dup het gesê Reeva Steenkamp se ouers, June en Barry, het finansieel gesukkel nadat hul dogter op Valentynsdag verlede jaar by Oscar se huis doodgeskiet is.

“Mnr. Pistorius se prokureurs het dit genoem tydens besprekings in verband met ’n moontlike siviele eis deur die ouers,” het hy gesê.

“Mnr. Pistorius se prokureurs het ons kort daarna genader met ’n aanbod dat mnr. Pistorius R6 000 per maand sou bydra tot die ouers se huur- en lewenskoste.”

Dup het gesê die maandelikse betalings het in Maart verlede jaar begin en die laaste betaling is in September gemaak.

“Toe die aanbod in Maart verlede jaar gemaak is, het ons namens die ouers gedink dit is net regverdig teenoor mnr. Pistorius dat die publiek dit weet.

“Mnr. Pistorius se aansoek, wat deur sy prokureurs gemaak is, was dat die saak vertroulik gehou word. Ons het die versoek nagekom.”

Dup het gesê Barry en June sal so gou reëlings getref kan word, die geld aan Oscar terugbetaal.

Dup het verder gesê hulle “ly emosioneel taamlik baie” en dat ’n vroeë skikking as toepaslik beskou is sodat hulle ’n “mate van afsluiting” kan kry en ’n lang siviele saak vermy.

“Dit was daarom dat ons mnr. Pistorius se regsadviseurs genader het met ’n versoek of die saak nie opgelos kan word nie,” het hy gesê.

“In daardie stadium was die ouers nie bewus hiervan nie en besprekings tussen die regspanne was vertroulik. Mnr. Pistorius het toe die skikking aangebied.”

Dup het gesê toe Barry en June van die aanbod leer, het hulle dit versigtig oorweeg maar om verskeie redes besluit hulle wil nie enige betaling van Oscar hê nie.

“Ons sit dit op rekord om dit duidelik te maak dat ’n versoek om ’n aanbod uit ons kant spruit, en nie van mnr. Pistorius nie. Hy het op ons versoek geantwoord oor of die siviele eis nie opgelos kon word nie,” het hy gesê.

Dinsdag het die Pistorius-familie se woordvoerder, Anneliese Burgess, gesê die staat se weergawe oor betalings wat Oscar Pistorius aan die Steenkamp-egpaar gemaak het, is nie akkuraat nie.

“Die verdedigingspan sal môre ’n verklaring aan die hof gee rakende die akkurate weergawe.”

"The defence team will give a statement to the court tomorrow regarding the accurate position."

Anneliese het nie nog besonderhede verskaf nie.

Die hof het Dinsdag gehoor June het ’n betaling van R375 000 van Oscar weggewys as “bloedgeld”, het die aanklaer Gerrie Nel gesê.

- Sapa