Dit sal op Vrydag, 10 Februarie om 12:30 in Pretoria by Loftus Versfeld (Kirkness-straat) gehou word.

Joost het Maandagmiddag tuis gesterf na ’n uitmergelende stryd teen MNS. Hy is Saterdagoggend met asemhalingsprobleme na die Life Fourways-hospitaal gehaas maar dit was glo sy wens om tuis te sterf.