Die 21-jarige Hannah Cornelius – van Scarborough, naby Simonstad – se lyk is Saterdagoggend, 27 Mei 2017, by Knorhoek naby Stellenbosch gevind.

Cheslin Marsh, wat saam met haar ontvoer is, is ongeveer 07:30 Saterdagoggend in Kraaifontein opgespoor. Hy het en het hom na ’n hospitaal geneem.

Hanna was die dogter van die hooflanddros van Simonstad, Willem Cornelius, terwyl sy vrou, Anna, self ’n bekende in regskringe was.

Geraldo Parsons (26) en Vernon Witbooi (32) het op 30 Mei 2017 vlugtig in die landdroshof op Stellenbosch verskyn op aanklag van moord, poging tot moord, verkragting en diefstal.

Eben van Niekerk (27) en Nashwill Julies (28) is ook sedertien in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die viertal verskyn op 28 Julie in die hof.

Bykomende bronne: news24.com, iol.co.za