Michael Bublé se skoonsuster sê die sanger se driejarige seuntjie ly nie aan leukemie nie.

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Die 41-jarige ster en sy vrou, Luisana Lopilato, het verlede Vrydag Noah se vreesaanjaende siektetoestand in ’n gesamentlike verklaring bevestig, maar hulle het slegs die siekte “kanker” genoem.

Sedertdien het gerugte die ronde begin doen dat die kleintjie met leukemie – ’n soort kanker wat dikwels by kinders voorkom – gediagnoseeer is, maar Luisana se suster, Daniela, het aan die Argentynse joernalis Tomas Dente gesê Noah veg nie teen daai siekte nie.

“Om die waarheid te sê, ek is verpletter. Dit is baie skielik,” het sy gesê. “Al wat ek vra, is dat julle nie spekuleer nie, want nie almal het kinders nie en hulle verstaan nie wat dit beteken nie.

"My suster en Michael sal nog verklarings uitreik en ek kan niks meer sê nie, maar dis nie leukemie of sy sentrale senuweestelsel soos sommige mense beweer nie. Dis al wat ek kan sê.”

Daniela het bygevoeg Michael en Luisana is “middeldeur gebreek” ná hul seun se diagnose.

Die paartjie het hul ontsteltenis oor Noah se siekte in ’n hartverskeurende verklaring onthul wat Michael op sy Facebookblad gedeel het.

“Ons is verpletter oor die onlangse diagnose van kanker by ons oudste seun, Noah, wat tans behandeling in Amerika ondergaan,” lui dit. "Ons was altyd baie uitgesproke oor die belangrikheid van ’n gesin en die liefde wat ons vir ons kinders voel. Ek en Luisana het ons loopbane opsy geskuif, sodat ons al ons tyd en aandag kan gebruik om Noah gesond te kry.

"Ons vra in hierdie moeilike tyd net julle gebede en respek vir ons privaatheid. Daar lê vir ons ’n lang pad voor en ons hoop om met die steun van familie, vriende en bewonderaars van reg rondom die wêreld, hierdie stryd te wen as dit God se wil is.”

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Die Argentynse tydskrif, La Nacion, berig dat die dokters aanvanklik gedink het Noah het pampoentjies (’n aansteeklike virusaandoening), maar toe ontdek hulle hy ly aan kanker.

© Cover Media