Donkievelle met ’n geskatte waarde van R2,25 miljoen is op ’n kleinhoewe in die Brandvlei-gebied naby Randfontein gevind.

Die SAPD het reageer op ’n wenk waar daar melding gemaak is van ’n stinkende pakkamer in Brandvlei.

Die Veediefstal- asook die Nasionale Misdaad-intelligensie-eenheid het ’n groot aantal van die velle in ’n stoorkamer gevind.

Lees ook: Twee verdagtes bly agter tralies ná donkie-bloedbad

Die persoon aan wie die stoorkamer verhuur word, was egter nie op die perseel nie.

Daar word vermoed dat die donkies onwettig geslag is vir hul vel. Sou dit wel die geval wees, is die kans goed dat die donkievelle vir uitvoerdoeleindes bedoel is. In sulke gevalle word die velle met sout behandel en na China uitgevoer as ejiao, wat na bewering 'n tipe Chinese medisyne is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigeen wat inligting het wat tot die inhegtenisname van die verdagte(s) kan lei, word versoek om kapt. Ockert van der Walt by 012 734 7100 of Crime Stop by 0860-010-111 te bel.

Bron: SAPD Facebook