Jonas was die een wat die mannegroep, die Jonas Brothers, saam met sy broers begin het en het groot sukses beleef tydens sy tyd by Disney Company. Behalwe vir die Jonas Brothers het Jonas ook bekendheid verwerf as ’n solokunstenaar en het hy sy loopbaan as akteur uitgebrei tot TV en flieks.

  • NAAM: Nick Jonas
  • BEKEND AS: Sanger en akteur
  • VERJAARSDAG: 16 September, 1992 (Ouderdom: 21)
  • GEBOORTEPLEK: Dallas, Texas
  • VOLLE NAME: Nicholas Jerry Jonas
  • STERRETEKEN: Maagd

Nick Jonas vertel van sy liefdeslewe!

Oor hoe hy is in verhoudings: “Ek was altyd baie haastig. Dit het nie so goed gewerk nie. Nou is ek rustiger – leer die meisie ken en so aan. Dit werk beter. Maar as sy regtig wonderlik is, sal ek sommer inspring.”

Waarvoor hy kyk in ’n meisie: “Ek soek na iemand wat selfvertroue het. En iemand wat energiek is, want ek is glad nie energiek nie!”

Hoe hy ’n meisie se oog vang: “Stadig, sugar, ek is ’n diabeet”!

Oor ’n hartebreker wees en musiek maak, sê hy: “Dis elke ou se droom en dat ek dit kan leef, is wonderlik.”

Mmm, miskien is hy nie perfek nie . . . hy vertel van ’n gewoonte waaroor hy skaam is: “Ek krap in my neus. Soms.”

HET JY GEWEET? Nick gaan binnekort ’n oom word! Sy ouer broer, Kevin (25) en sy vrou, Daniella (27), wat die sterre is van die werklikheidsreeks Married to Jonas, verwag vroeg volgende jaar ’n babadogtertjie.

Bronne:  http://nickjonline.com; biography.com