Met meer as 90 persent van stembriewe wat getel is, blaas die Demokratiese Alliansie en die African National Congress in mekaar se nekke in Johannesburg en Tshwane.

Lees meer: Dit kan dalk die belangrikste verkiesing sedert 1994 wees

Volgens News24 se Elections app is dít hoe sake Vrydagoggend in die metro-gebiede gestaan het.

Buffalostad

58.07% ANC; 23.13% DA

Stad Kaapstad

67.36% DA; 23.47% ANC

Ekurhuleni

47.60% ANC; 35,70% DA

Ethekwini

53.23% ANC; 30.10% DA

Johannesburg

41.28% DA; 41.15% ANC

Mangaung

56.27% ANC; 25.85% DA

Nelson Mandelabaai

46.61% DA; 41.00% ANC

Tshwane

43.96% DA; 41.05% ANC

Volg die verkiesingsuitslae regstreeks hier.