Die hond se eienaars het bekommerd geraak toe hul hond braakbewegings begin maak. Hulle is toe inderhaas veearts toe met hom, waar hulle X-strale geneem het en “ ’n groot hoeveelheid vreemde materiaal” in die hond se maag ontdek het.

Ná ’n operasie van meer as twee uur het die veearts, dr. Ashley Magee, 43 en ’n half sokkies uit die hond se maag verwyder.

Die veeartse het gedink die voorval is so vreemd dat hulle die hond ingeskryf het vir ’n jaarlikse kompetisie genaamd They Ate WHAT?

Ongelukkig het die hond nie gewen nie. Die eerste plek in die kompetisie, wat deur die tydskrif Veterinary Practice News geborg is, behoort aan ’n padda wat meer as 30 klippe in sy hok geëet het.

Bronne: jezebel.com, cnn.com, huffingtonpost.com

- Petro-Anne Vlok