Die ongeluk het Dinsdagoggend op die N14 tussen Kathu en Olifantshoek in die Noord-Kaap gebeur.

Toe ER24-paramedici en verskeie ander nooddienste op die toneel aankom, het hulle die trok op sy sy in die middel van die pad aangetref. Die mense wat agterop was, het rondom die voertuig gelê.

Die plaaslike owerheid het die pad voorlopig gesluit.

Volgens die ER24-woordvoerder, Russel Meiring, het die trokdrywer aangedui die trok het meganiese probleme ondervind. Hy het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan.

Die voorval word ondersoek.