Maar, Entertainment Weekly (EW) het intussen ekslusiewe insae op wat jy van Bridget Jones's Baby kan verwag en onderhoude met die drie sterre, Renée Zellweger, Colin Firth en die hartebreker, Patrick Dempsey.

Die laaste keer wat ons Bridget Jones (Renée) gesien het, was in 2004 in Bridget Jones: The Edge of Reason waar die enkelloper-legende nét verloof geraak het aan Mark Darcy (Colin).

Lees ook: Koebaai, Mr Darcy

Baie water kan egter binne die bietjie meer as ’n dekade in die see loop. . .

Bridget is 43. Sy is stééds ’n enkelloper. Dit natuurlik alles met een groot verskil: sy is swanger – en sy weet nie wie die pa is nie! Is dit Mark? Of is dit die sag op die oog-miljardêr, Jack Qwant (Patrick).

Ná amper 12 jaar voel dit vir Renée of sy  “terugstap in tyd saam met ’n ou vriendin”, sê sy aan EW.

Bron: Time.com; EW

ew-1396-jones-cover-2