Die ster het in 2013, tydens die verfilming van Furious 7, in ’n motorongeluk gesterf. Sy medesterre het daarop aangedring om die rolprent ter ere van hom te voltooi. En hulle gaan voort om hom te eer deur ’n reeks hartroerende boodskappe in die sosiale media te plaas. “Hierdie week is altyd rof vir dié van ons wat hom 14 jaar persoonlik geken het, met lekker lag, drukkies en liefde. (Hy was) letterlik een van die beste mense op mensevoete,” het Tyrese Woensdag op Instagram geskryf. Hy het ’n videomontage van Paul bygevoeg.

“Ons het op 30 November ’n engel verloor. Paul het almal met die meeste respek behandel en hy het uit sy pad gegaan om seker te maak elkeen voel hy maak saak. “Ek is baie lief vir jou en mis jou verskriklik. Ons vra julle gebedsvegters oral in die wêreld (om) vir sy dogter, ons niggie Meadow, en sy broers, Cody en Caleb, en ouers te bid. Mag God jou siel laat rus en ons probeer om jou elke dag trots te maak!
“Ek mis jou elke liewe dag en ek is lief vir jou #paulwalkerforever,” het Jordana, wat die rol van sy vrou op die skerm gespeel het, bygevoeg, saam met ’n foto van haar en Paul.

Love you forever, miss you forever

A photo posted by jordanabrewster (@jordanabrewster) on

Die rapper Ludacris, nog ’n stelmaat, het ook ’n foto van Paul uit een van die rolprente gedeel. Die byskrif lui: “Altyd in ons hart. Weg, maar nooit vergeet nie.”

Gone but never forgotten. #love

A photo posted by @ludacris on

Ook die franchise-ster Vin Diesel het ’n foto van die twee hoofrolspelers op Facebook gedeel.

© Cover Media