Arno Taljaard, ’n jong boer van Bultfontein in die Vrystaat, is Maandag in ’n fratsongeluk op die plaas Mooitoekoms dood.

Die 20-jarige was besig om saam met ’n span werkers saad op twee waens in die lande te laai. Net toe Arno aan die trekkerbestuurder beduie alles is in orde, het een van die waens losgehaak en die oud-leerling van Hoërskool Bultfontein is tussen die twee waens vasgevang.

Volgens Netwerk24 is daar inderhaas met hom na Welkom se hospitaal gehaas en reëlings is getref dat die ambulans hulle halfpad sou ontmoet.

Dit was egter te laat en hy was reeds dood teen die dat die ambulans hulle bereik het.

Buiten sy liefde vir die plaaslewe was Arno was ook ’n belowende jong rugbyspeler.

So is daar op Facebook hulde aan die jongman gebring: