Daar is vooraf wyd bespiegel oor wie die veelsydige en legendariese Kallis sal vervang ná sy uittrede uit toetskrieket einde verlede jaar. Die meeste waarnemers was dit eens dat die 30-jarige McLaren van die Knights waarskynlik die beste plaasvervanger vir Kallis is.

Die res van die toetsgroep is: Graeme Smith, Hashim Amla, AB de Villiers, JP Duminy, Faf du Plessis, Dean Elgar, Rory Kleinveldt, Morné Morkel, Alviro Petersen, Robin Peterson, Vernon Philander, Dale Steyn en Thami Tsolekile.

Die Proteas se spandokter, Mohammed Moosajee, sê Dale Steyn en AB de Villiers herstel albei goed van hul beserings en behoort reg te wees om die manne van Doer Onder aan te durf.

Die Australiese toetsspan kom na verwagting vandag in Suid-Afrika aan vir ’n toer wat drie toets- en drie T20-wedstryde insluit.

Die toetswedstryde word op die volgende datums gespeel:

12 Februarie: Centurion

20 Februarie : Port Elizabeth

1 Maart: Kaapstad